Top Songs By Juanita du Plessis
Credits
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Juanita du Plessis
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
J McNeil / J Steele / J Wray
Songwriter:in
Lyrics
As die son in die oggend opkom
En die wêreld vir my sing
As my hart nog klop hier binne my
Nog 'n dag van lewe bring
Bly ek wonder
Wat as vandag my laaste dag is?
Die lewe maak soms draaie
Wat niemand kan verstaan
Vandag is jy hier, maar as more kom
Is dit dalk tyd om te gaan
En ek wonder
Wat as vandag my laaste dag is?
Ek sal lewe, dieper liefhê
Elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe, tot aan die einde
En met vrede in my hart my oë wil toemaak
As vandag my laaste dag is
Elke uurglas loop tog iewers leeg
Elke lewe het 'n lyn
Het ek genoeg gesê? Dit genoeg gewys?
Of sal my spore gou verdwyn
Ek bly wonder
Wat as vandag my laaste dag is?
Ek sal lewe, dieper liefhê
Elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe, tot aan die einde
En met vrede in my hart my oë wil toemaak
As vandag my laaste dag is
Elke hardloop, elke asem, dis net vir my geleen
Elke oggend as ek wakker word
Weet ek dis 'n seën en ek belowe sag
As dit vandag my laaste dag is
Sal ek lewe, dieper liefhê
Elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe, tot aan die einde
En met vrede in my hart my oë wil toemaak
As dit vandag my laaste dag is
As dit vandag my laaste dag is
As dit vandag my laaste dag is
Written by: J McNeil / J Steele / J Wray