Featured In

Credits

AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Ink
Ink
Künstler:in
Andre Fourie
Andre Fourie
Begleitgesang
Ilse Lotz
Ilse Lotz
Leadgesang
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Andre Fourie
Andre Fourie
Songwriter:in
Ilse Lotz
Ilse Lotz
Arrangeur:in
Ludwig Bouwer
Ludwig Bouwer
Arrangeur:in
PRODUKTION UND TECHNIK
Ludwig Bouwer
Ludwig Bouwer
Produzent:in

Lyrics

Onthou my, ek was eerste
Voor die blou lug se terwyl
Voor oud word en verwater
Se geleidelike verwyl
Jou binneste geluide
Se bietjie bietjie dryf
Wat eendag net te ver was
Om na my toe te kon wys
Jy wil ophou voor die water
Ek sien dit in jou tree
Maar daar's te baie goed van gister
Vir ons om weg te wees
Onthou my, ek verreken
Transaksies altyd aan
Alles opskryf heeldag
Hierso heen vir daar vandaan
Dit vat jou al hoe langer
Dit kos jou al hoe meer
Tot jy eendag kort is
En my asem moet kom leen
Jy wil ophou voor die water
Ek sien dit in jou tree
Maar daar's te baie goed van gister
Vir ons om nog te weeg
Onthou my, ek's wat oor is
Van die ou wêreld, my lief
Voor alles vol vernis was
En jou arms my kon kies
Vertel my van die duur goed
Ek is 30 jaar al uit
En dors genoeg vir buite
Om binne toe te buig
Jy wil ophou voor die water
Ek sien dit in jou tree
Maar daar's te baie goed van gister
Vir ons om weg te gee
Onthou my, ek's wat oor is
Van die ou wêreld, my lief
Voor alles vol vernis was
En jou arms my kon kies
Vertel my van die duur goed
Ek is 30 jaar al uit
En dors genoeg vir buite
Om binne toe te buig
Jy wil ophou voor die water
Ek sien dit in jou tree
Maar daar's te baie goed van gister
Vir ons om weg te wees
Written by: Andre Fourie, Ilse Lotz
instagramSharePathic_arrow_out