Top Songs By Willem Botha
Credits
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Willem Botha
Stimme und Gesang
Devereaux Oosthuizen
Gitarre
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Willem Botha
Komponist:in
Roux Cloete
Komponist:in
William Loots
Komponist:in
PRODUKTION UND TECHNIK
Murray Lubbe
Produzent:in
Lyrics
Wil nie my oë toe maak ek wil nie saans gaan slaap
Wil hier langs jou lê wil hierdie spasie hê
Wil nie meer maak of ek nie heeltyd aan jou dink
Wil dit met jou kan deel
Vertel my meer, doen dit weer, doen dit weer ek kan my hart nie keer
Jy laat my voel
Voel soos die enigste man op aarde
‘n Skat wat ek nooit gedink het ek sou kry
Kan ek meet hoe ek voel in waarde, woorde kan nie beskryf
Hoe ek voel in my lyf
Want ek lief jou, lief jou naam
Ja, ek lief jou, lief jou naam maar ek sal nog werk aan jou van
Ek wil nie tyd verloor wil dit nie sien of hoor
Ek wil als kan voel, wil net jou lippe proe
Vir wat kan ek dan net nie al die woorde kry om dit te sê vir jou
Hier gaan ek weer, doen dit weer, doen dit weer, ek kan my hart nie keer
Jy laat my voel
Voel soos die enigste man op aarde
'n Skat wat ek nooit gedink het ek sou kry
Kan ek meet hoe ek voel in waarde, woorde kan nie beskryf
Hoe ek voel in my lyf
Want ek lief jou, lief jou naam
Ja, ek lief jou, lief jou naam maar ek sal nog werk aan jou van
Hey, yeyi
Jou naam lyk mooi langs aan alles
Soos alles van jou langs aan my
So hier gaan ek alweer, nog net een keer probeer om te sê hoe jy my laat voel
Die enigste man op aarde
'n Skat wat ek nooit gedink het ek sou kry
Kan ek ooit meet hoe ek voel in waarde, woorde kan nie beskryf
Hoe ek voel in my lyf
Voel soos die enigste man op aarde
'n Skat wat ek nooit gedink het ek sou kry
Kan ek meet hoe ek voel in waarde, woorde kan nie beskryf
Hoe ek voel in my lyf
Want ek lief jou, lief jou naam
Ja, ek lief jou, lief jou naam
Ja, ek lief jou, lief jou naam maar ek sal nog werk aan jou van
Written by: Roux Cloete, Willem Botha, William Loots