Lyrics

Ek soek al lank vir iemand soos jy
Iemand wat altyd naby sal bly
Vir ewig my sal vas hou
En nooit weer los nie
Ek wens al lank om iemand te kry
Wat met liefde my hart sal verlei
Vir ewig my sal lief hê
En nooit laat gaan nie
En hier is jy
Die een waarvoor ek gewag het
My hart behoort aan jou
En als in my is
Vir altyd joune
Belowe jy's vir altyd myne
My lewe gee ek aan jou sodat jy altyd
My lyf teen jou vas sal hou
En nooit weer los nie
Belowe jy's vir altyd myne
Ek bid al lank om liefde te vind
Liefde wat altyd my hart sal bind
Vir ewig my sal oppas en nooit weer los nie
En hier is jy
Die een waarvoor ek gebid het
My hart behoort aan jou
En als in my is
Vir altyd joune
Belowe jy's vir altyd myne
My lewe gee ek aan jou sodat jy altyd
My lyf teen jou vas sal hou
En nooit weer los nie
Belowe jy's vir altyd myne
My hart behoort aan jou
En als in my is
Vir altyd joune
Belowe jy's vir altyd myne
My lewe gee ek aan jou sodat jy altyd
My lyf teen jou vas sal hou
En nooit weer los nie
Belowe jy's vir altyd myne
Written by: Tertius "BC" Pretorius
instagramSharePathic_arrow_out