Lyrics

Ek het geleer die lewe skuld jou min of meer net mooi niks nie
En dat goeie dinge somtyds voor jou deur kom staan
Dat die wat baie praat dalk niks het om te sê nie
En dat 'n smile vir warm hand die hele dag kan draai
Ek het geleer om te vertrou en als nie te verloor nie
Om te gee niks terug te vra as die omgee groei
Ek het die waarde van 'n sent bepaal
En ook die waardeloosheid as dit daal
En 'n honderd duisend rand jou brand om meer te begeer
Maar van die liefde weet ek baie min
Al wat ek ken is ek en jy
Ons kan praat en droom en raaisels maak daarteen veg of dit belei
Wat presies gebeur as jou hart verteerder
Hy broei uit sy dop bly 'n wonder
Want jy kan als vergewe en nuut begin
As jou hart reg klop
Ek het geleer dat as jy alles weet jy bitter min verstaan
En daardie links te draai in plaas
Van regs 'n nuwe wêreld oop kan gaan
Ek het gaan soek en my pad verloor maar baie meer gekry
Op die onbekende afdraai wat na 'n nuwe roete lei
Ek het geleer dat die wat baie huil nie die sadste is nie
Die wat die woorde net te maklik sê nie die liefste voel nie
Ek is dalk jonk en moet nog baie leer soos die jare my sal wys
Maar nou is dit genoeg vir my dat jy hier langs my by my is
Want van die liefde weet ek baie min
Al wat ek ken is ek en jy
Ons kan praat en droom en raaisels maak daarteen veg of dit belei
Wat presies gebeur as jou hart verteerder
Hy broei uit sy dop bly 'n wonder
Want jy kan als vergewe en nuut begin
Ek het geweet dat om te luister na goed bedoelde raad
Jou lewe kan red of jou bitter eensaam kan maak
Ek het geleer om in iets te glo al kan dit jou breek of jou genees
Maar nou is dit genoeg vir my om net hier langs jou te kan wees
Want van die liefde weet ek baie min
Al wat ek ken is ek en jy
Ons kan praat en droom en raaisels maak daarteen veg of dit belei
Wat presies gebeur as jou hart verteerder
Hy broei uit sy dop bly 'n wonder
Want jy kan als vergewe en nuut begin
As jou hart reg klop
As jou hart reg klop
As jou hart reg klop
As jou hart reg klop
Written by: Anna Davel
instagramSharePathic_arrow_out