Featured In

Credits

AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Hugo
Hugo
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Juanita Burmeister
Juanita Burmeister
Komponist:in

Lyrics

Kan ek jou vertel
Van die storie van my pel?
Hy's die middelkind van drie
Waar hy bly is daar nie teerpad nie
Hy ken van grondpad loop
Na die padstal vir hul brood
Van melk haal by die boer as hy sy hout aan hom verkoop
Jantjie Pieterse, my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse, in eenvoud voer jy jou bestaan
Ek kyk na jou en ek wonder waaroor die lewe gaan
Kameraadskap, liefde en vertroue vind ek in jou
Jantjie, jy wat weet van swaarkry as die wintermaande nader kruip
Ouboet vry die meisies, maar jy moet by die huis wees
Om na jou ma te kyk, omdat jou pa net daar in gees kan wees
Jantjie Pieterse, my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse, in eenvoud voer jy jou bestaan
Ek kyk na jou en ek wonder waaroor die lewe gaan
Dan staan ek by myself en kyk
Watter lewe maak mens ryk
Een van tyd en geld
Of dalk die een van Jantjie in die veld?
Jantjie Pieterse, my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse, in eenvoud voer jy jou bestaan
Ek kyk na jou en ek wonder waaroor die lewe gaan
Jantjie Pieterse, my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse, in eenvoud voer jy jou bestaan
Ek kyk na jou en ek weet nou waaroor die lewe gaan
Written by: Juanita Burmeister
instagramSharePathic_arrow_out