Lyrics

[Chorus]
Ek lewe, gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae, sonder sorge
[Verse 1]
Dag vir dag dreun ritme om my heen
Voel die ure vol en tog alleen
Maar jou blik verslaan my vrese
Sonsaffier, lag in jou wese
Bring geluk wat lank verlore was
[Chorus]
Ek lewe, gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat môre mag bring
[Chorus]
Oe, ek lewe, verstaan weer van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede
[Verse 2]
Die vrae was soos skadu's binne my
Deur die ligte lag en antwoord jy
En ek sien die sonverhale, in jou oë, nuwe tale
Lees die storie van 'n weer-begin
[Chorus]
Ek lewe, gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat môre mag bring
[Chorus]
Oe, ek lewe, verstaan weer van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede
[Chorus]
Ek lewe, gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat môre mag bring
[Verse 3]
Oe, ek lewe, verstaan weer van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede
[Outro]
Ek lewe
Written by: Anneli van Rooyen, Hammerschmidt, J. Heider, R Keiser
instagramSharePathic_arrow_out