Featured In
Top Songs By Steve Hofmeyr
Credits
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Steve Hofmeyr
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Steve Hofmeyr
Komponist:in
Lyrics
As spoke jou kom bangmaak is dit wat jy moet doen
Los die deur oop op 'n skrefie en sit klippe in jou skoen
Want 'n spook is bang vir liggies en hy kyk nooit waar hy loop nie
Spoke is 'n bietjie toe, kyk net wat gebeur as jy sê, "Boe!"
Los 'n beertjie by jou kussing vat 'n hap uit 'n lemoen
Maak jou wange wit met meelblom en onthou om ma te soen
Want teddies maak vir spoke bang, lemoene maak sy oge traan
Spoke is 'n bietjie toe, kyk net wat gebeur as jy sê, "Boe!"
Jy weet spoke is deurskynend, hey, so hier's wat jy moet doen
Jy kan reg deur hulle koppe kyk, sien daar's geen brein om van te noem
Hulle loop dan reg deur mure al staan die deure oop (Hallo)
Spoke is 'n bietjie toe, kyk net wat gebeur as jy sê, "Boe!"
Bid vir Liewe Jesus en eet al jou pampoen
Borsel altyd tande, want dit maak spoke groen
Ogies toe en lekker slaap, reguit droomland toe
En as jy daar 'n spook sou sien, kyk net wat gebeur as jy sê, "Boe!"
Written by: Steve Hofmeyr