Music Video

Featured In

Credits

AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Piet Botha
Piet Botha
Songwriter:in

Lyrics

[Verse 1]
Mm sê net weer
Al die liefde so getrou gesweer
Kamma kamma
Behandel my soos 'n weggooikind
[Verse 2]
Maar ek is nie jou vaaljapie
Ek loop baie saam met die nag en die wind
Spoke het ek baie gesien
Maar ek wag nog
[Chorus]
Kyk nou die langpad roep my nou maar weer
Daar is genade en liefde, en nog baie meer
Kyk nog 'n somer alweer weggegaan
En al wat jy doen, ek sê maar niks
Laat dit met jou goedgaan
Sien jou weer
[Verse 3]
Kyk daar is 'n kamer met vier mure en geen son
Maar wie is die duiwel?
En wie sal die liefde kom red?
[Verse 4]
Lewe dan maar soos jy wil, jy sal altyd laaste lag
Ek hoor sirenes iewers in die nag
En ek wonder wat dit was
[Chorus]
Kyk nou die langpad roep my nou maar weer
Daar is genade en liefde, en nog baie meer
Kyk nog 'n somer alweer weggegaan
En al wat jy doen, ek sê maar niks
Laat dit met jou goedgaan
Sien jou weer
[Chorus]
Kyk nou die langpad roep my nou maar weer
Daar is genade en liefde, en nog baie meer
Kyk nog 'n somer alweer weggegaan
En al wat jy doen, ek sê maar niks
Laat dit met jou goedgaan
Sien jou, sien jou weer
Written by: J P Botha, Piet Botha
instagramSharePathic_arrow_out