Featured In

Credits

AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Komponist:in

Lyrics

[Verse 1]
Staan daar met jou siel in die diep blou see
Die golwe se geroep trek jou in en voer jou mee
Ek wonder wie jy is, ek wonder wat jy sien?
Ek wonder of dit rustig is in jou mens masjien?
[Verse 2]
Die winde is koud en die lig is grys
Maar dit is jou wêreld en daar word jy wys
Die dag is verby skuins voor sewe
Jy rol die lyne op elke dag van jou lewe
[Chorus]
Het jy verloor of het jy gewen?
Soek jy 'n kans om my wêreld te ken?
My wêreld het son
Jou wêreld het reën
Jou wêreld het rots
En myne net steen
[Verse 3]
Ek sit hier met siel langs die water
By kerse en klanke wêreld se alma mater
Ek wonder wie jy is en ek wonder hoe jy lyk?
Ek wonder hoe dit voel om in jou bloues te kyk?
[Verse 4]
Hier binne is dit snoesig, die ruite mooi skoon
Maar is dit my plek, my gekose droom?
Oorkant die tafel 'n leë stoel
Maar jammer my larney
Nie vir jou bedoel
[Chorus]
Het jy verloor of het jy gewen?
Soek jy 'n kans om my wêreld te ken?
My wêreld het son
Jou wêreld het reën
Jou wêreld het rots
En myne net steen
Ja myne net steen
[Verse 5]
Het jy gewens dat jy binne kon wees?
Wil jy kerse sien, spyskaarte lees?
Sou dit ooit werk as ons plekke kon ruil?
Sou jy binne lag en ek buite huil?
[Verse 6]
Ek weet jy's uit jou plek
Hulle hou jou vir die gek
Ek weet my hart is buite
Aan jou kant van die ruite
Ek en jy leef in twee wêrelde
[Verse 7]
In myne die son
En in joune die reën
Maar ek is niks minder
As jy alleen
En ek is niks meer
As jy geseën
Written by: Theuns Jordaan
instagramSharePathic_arrow_out