Top Songs By Armand Hofmeyr
Similar Songs
Credits
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Armand Hofmeyr
Stimme und Gesang
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Christopher Torr
Komponist:in
PRODUKTION UND TECHNIK
Armand Hofmeyr
Produzent:in
Lyrics
[Verse 1]
My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met dieselien
En hy sing in die strate as hy ons kom sien
My oom is oud en ek is skaars dertien
[Verse 2]
My oom drink koffie en my tannie tee
Ek vra oor die reën en hy sê ja-nee
En hy drink soet koffie met sy een oog toe
En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux
[Chorus]
Oh, stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol dieselien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
[Verse 3]
My oom het gesukkel op die plaas
Want die son was te warm
En die reën te skaars
En die man van die bank het net sy kop geskud
Want my oom, ja my oom was te diep in die skuld
[Chorus]
Oh, stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol dieselien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
[Verse 4]
En as jy in die oggend in die lande stap
Hoor jy nog sy motor met sy klak-klak-klak
Maar my oom, ja my oom se oë's nou albei toe
In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux, oh
[Chorus]
Stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol dieselien
En seën my pa
En seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
Written by: Christopher Torr