Lyrics

[Verse 1]
Jy weet 'n Sonneblom kort die son
Want sonder sonlig hoe kan dit dan blom?
Jy moet eers weggaan om terug te kan kom
Dis hoe dit is
[Verse 2]
Ek brand my vingers as ek probeer
Om weg te loop van jou af ek sweer
Mens sal dink ek het my les geleer
Maar elke keer
[Verse 3]
Oooh ek weet, ja ek weet ek kom altyd weer terug
Want my asem raak op en jy is my lug
Om te leef en te wees onmoontlik om te doen
[Verse 4]
Sonder jou, sonder jou sal my hart staan
Elke keer as ek val sal jy my vang
Die Veldbrande geblus is nou immergroen
Dis wat jou lippe aan my doen
Met net een soen
[Verse 5]
Jy was nog altyd vir my so goed
Ek weet ek wil en ekke weet ek moet
Want vir my is jy soos die bloed
Wat deur my vloei
[Verse 6]
Jy's my suurstof en jy's my brood
Jy is my oorvloed in 'n hongersnood
Die tipe sielskos wat jy nie kan koop
En dis hoekom
[Verse 7]
Oooh ek weet, ja ek weet ek kom altyd weer terug
Want my asem raak op en jy is my lug
Om te leef en te wees onmoontlik om te doen
[Verse 8]
Sonder jou, sonder jou sal my hart staan
Elke keer as ek val sal jy my vang
Die Veldbrande geblus is nou immergroen
Dis wat jou lippe aan my doen
Met net een soen
Net een soen
[Verse 9]
Oooh ek weet, ja ek weet, ek kom altyd weer terug
Want my asem raak op en jy is my lug
Om te leef en te wees onmoontlik om te doen
[Verse 10]
Sonder jou, sonder jou sal my hart staan
Elke keer as ek val sal jy my vang
Die Veldbrande geblus is nou immergroen
Dis wat jou lippe aan my doen
Met net een soen
Net een soen
Net een soen
Written by: Armand Charl Espach
instagramSharePathic_arrow_out