Top Songs By Francois Van Rensburg
Credits
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Joe Foster
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Francois Van Rensburg
Songwriter:in
Joe Foster
Songwriter:in
Lyrics
Vry sal ek wees as ek vergeet
'n Les geleer
'n Hart gebreek
Hard geval vir seer
Kies ek om daarin te verdwaal
Wat ek onthou
Het my tot nou
Gevorm en gebou
Tog moes ek leer
Twee wêrelde
Tussen jou en tussen my
Vasgevang
En vasgeketting in die nag
Twee wêrelde
Tussen gister en vandag
Mis ek jou maar ek is steeds gelukkig nou
Soek om 'n rigting te bepaal
Moet vrees oorwin en oorbegin
Die prys hiervoor betaal
Want nou is ek reeds waar ek moet wees
'n Donker uur kan ek verduur
Sterk maar bly gekneus
Steeds moet ek leer
Was ons vasgekeer
Na ons verlede het ek weer probeer
Opgestaan ek het aangegaan
Ons lewe saam lê agtergelaat
Twee wêrelde
Tussen jou en tussen my
Vasgevang
En vasgeketting in die nag
Twee wêrelde
Tussen gister en vandag
Mis ek jou maar ek is steeds gelukkig nou
Mis ek jou maar ek is steeds gelukkig nou
Twee wêrelde
Tussen jou en tussen my
Vasgevang
En vasgeketting in die nag
Twee wêrelde
Tussen gister en vandag
Mis ek jou maar ek is steeds gelukkig nou
Mis ek jou maar ek is steeds gelukkig nou
Mis ek jou maar ek is steeds gelukkig nou
Writer(s): Francois Van Rensburg, Joe Foster
Lyrics powered by www.musixmatch.com