Credits
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Gerduan Kemp
Leadgesang
Brendan Campbell
Programmierung
Kyle Grant
Begleitgesang
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Gerduan Kemp
Songwriter:in
Hugo Ludik
Songwriter:in
Nicholas Jordaan
Songwriter:in
PRODUKTION UND TECHNIK
Hugo Ludik
Produzent:in
Lyrics
Is dit te laat
Is ek te laat
Om die geraas van die storm
Stil te maak
Wie sê dis te laat
Jy sê dis te laat
Om die gebroke woorde uit te praat
Ons brûe se as
Lê nog rond
Dit waai soos sout
Terug in my wond
Die vlam bly brand
Maar dit brand net
Binne my
Ek verstaan nou die einde
Maar ek verstaan nie hoe die einde van ons storie so begin
Op ʼn uitgeskeurde bladsy
En al staan jy weer voor my
Al staan jy hier voor my
Is die melodie onbekend
Jy het my verdrink
In jou woorde
Terwyl ek dink
Ek ken ʼn vreemdeling
Het ek geweet
Het ons geweet
Dat die verlede
Middeldeur gaan skeur
Het ons vergeet
Ons het vergeet
Hoe vêr van mekaar af was ons laaste tree
Ons brûe se as
Lê nog rond
Ek sien nog vlamme
Op die grond
Die vlam bly brand
Maar die vuur verbrand vir my
Ek verstaan nou die einde
Maar ek verstaan nie hoe die einde van ons storie so begin
Op ʼn uitgeskeurde bladsy
En al staan jy weer voor my
Al staan jy hier voor my
Is die melodie onbekend
Jy het my verdrink
In jou woorde
Maar ek vergeet van my rug met hierdie mes in my hart
Ek het gedink ons kan die einde van ons storie hervat
Ek staan terug en ek vergeet maar eerder alles wat ek dink ek weet
Wat ek weet
Ek verstaan nou die einde
Maar verstaan nie hoe die einde van ons storie so begin
Jy het my verdrink
In jou woorde
Ek verstaan nou die einde
Maar ek verstaan nie hoe die einde van ons storie so begin
Op ʼn uitgeskeurde bladsy
En al staan jy weer voor my
Al staan jy hier voor my
Is die melodie onbekend
Jy het my verdrink
In jou woorde
Jy het my verdrink
In jou woorde
Terwyl ek dink
Ek ken ʼn vreemdeling
Written by: Gerduan Kemp, Hugo Ludik, Nicholas Jordaan