Featured In

Credits

AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Len Muller
Len Muller
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Len Muller
Len Muller
Texte

Lyrics

Deur die donker windweer
Sny deur nog ʼn keer
Breek my hande
Om los te kom
Die lig verlede al hoe verder
Verder weg
My son is voel herhaal
En dit oor en oor en oor speel
Sink weg in dieper sand
En kyk glad nie terug
Moet nie eers loer nie
Jou hand voor oë, word oë voor hande
En ek weet ek's amper in die laaste weer probeer
Voor ʼn ligstraal tussen deurskyn
Kan ek jou hartklop hoor?
Gee my iets om in te glo
Jy gee my weer hoop
Waar ek twyfel en val
Want ek weet jy keer op keer 
Kry my voor die afgrond staan
En met jou hand 
Op my skouer draai jy my terug na anderkant
 
Ek mis die son 
Wat deur die takke neer 
Val die eenvoudigheid
Voor wolkekrabbers voor kleure
Meer as net die grys wat ek hier sien
Voor die kry en kry en kry kreun
Wat hart en siel verloor
Gee my iets om in te glo
Jy gee my weer hoop
Waar ek twyfel en val
Want ek weet jy keer op keer 
Kry my voor die afgrond staan
En met jou hand 
Op my skouer draai jy my terug na anderkant
 
Stoei met jou vrese
Maak liefde die meeste
Staan op hoog
 
Hoe dieper die spore
Wat val van jou trane
Steeds vol hoop
En gee my iets om in te glo
Jy gee my weer hoop
Waar ek twyfel en val
Want ek weet jy keer op keer 
Kry my voor die afgrond staan
En met jou hand 
Op my skouer draai jy my terug na anderkant
 
(Gee my iets om in te glo)
Terug na anderkant
(Jy gee my weer hoop)
(Waar ek twyfel en val)
Terug na anderkant
(Want ek weet jy keer op keer)
(Kry my voor die afgrond staan)
Terug na anderkant
(En met jou hand)
(Op my skouer draai jy my terug na anderkant)
Written by: Len Muller
instagramSharePathic_arrow_out