Top Songs By Lize Beekman
Credits
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Lize Beekman
Songwriter:in
Lyrics
Ek wonder of jy ook dink dis bietjie beter saam
Minder eensaam, naby
Ek wonder of jy ook voel hoe 'n kamer sag raak
En plek maak vir mooier
Ek wonder of jy ook sien dat alles swaar bietjie minder pla
Dat dit ligter raak met saam dra
Ek wonder of jy ook glo dat dit-en-dat minder saak maak
Dat dit weg gaan as ons stil raak
Ek wonder of jy soos ek eerder hier as daar is
Jy kan alles en nog wat iewers los of saambring
Ek wonder of jy soos ek eerder hier as daar is
Hier vir my is oral en altyd waar jy is
Hier vir my is enige plek waar jy is
Ek wonder of jy ook dink daar's iets te sê oor liefhê
Dis eintlik alles en al, dis kosbaar
Ek wonder hoe hier sou lyk as ek en jy met liefde kyk
Ligter, nader, sagter en mooier
Ek wonder of jy soos ek eerder hier as daar is
Jy kan alles en nog wat iewers los of saambring
Ek wonder of jy soos ek eerder hier as daar is
Hier vir my is oral en altyd waar jy is
Hier vir my is enige plek waar jy is
Ek wonder of jy soos ek eerder hier as daar is
Written by: Lize Beekman