Music Video

Featured In

Credits

AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
The Parlotones
The Parlotones
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Koos Kombuis
Koos Kombuis
Komponist:in
Andre le Roux du Toit
Andre le Roux du Toit
Songwriter:in

Lyrics

[Verse 1]
Ek het 'n vriendin ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
[Chorus]
Die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier
[Verse 2]
Lisa kan nooit ophou
As sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem voor my laaste sigaret
[Verse 3]
Ek staan op haar balkon
Drink haar appelkoostee
Kyk uit na Kaapstad in die nag en die liggie
En die swart, swart see
[Chorus]
En die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier
[Verse 4]
En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Gaan staan en opkyk ver na bo vanuit die vullis van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die vensters oop, al moan die bure ookal hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom
[Chorus]
En die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier
[Chorus]
En die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier
[Verse 5]
Lisa
Lisa se klavier
Lisa
Lisa se klavier
Lisa
Lisa se klavier
Lisa
Lisa se klavier
Written by: Andre le Roux du Toit, Valiant Swart
instagramSharePathic_arrow_out