Lyrics

So ver die oog kan sien oor die ver plato
Net oor die kruin van onbekende berge voor
Wag daar 'n landskap uitgelê waar ek blindelings kan glo
Waar die niks weergalm en ek my hartklop kan hoor
Kan ek hierdie uitsig vasvang
Teen my hart se mure ophang?
Want die vlamme vlam op teen my honger hart
En die son breek uit oor 'n donker land
Kan ek hierdie uitsig vasvang?
My oë verken die lyn van die horison
Kilometers ver breek 'n wolk kolom
Ek is deel van hierdie skepping van die water wind en grond
En die stilte nooi my om nog nader te kom
Kan ek hierdie uitsig vasvang
Teen my hart se mure ophang?
Want die vlamme vlam op teen my honger hart
En die son breek uit oor 'n donker land
Kan ek hierdie uitsig vasvang?
Gee my wilde hoop en vrye vers
Om kleure oor die lug te verf
Laat eenvoud my vryheid bewaar
Soos vingers teen die swaartekrag
In die oggend lug van dou voor dag
Styg ons uit, staan ons en staar
Kan ek hierdie uitsig vasvang
Teen my hart se mure ophang?
Want die vlamme vlam op teen my honger hart
En die son breek uit oor 'n donker land
Kan ek hierdie uitsig vasvang?
Written by: Ilse De Beer, Jattie De Beer
instagramSharePathic_arrow_out