Lyrics

Op my knieë
Het ek gebid
Elke dag by God gesit
Vir Hom gevra
By Hom gesmeek
Om jou te stuur
Wanneer Hy weet
Ek het lank gewag
En nie geweet
Het Hy my gehoor
Of my gebed vergeet
Maar op ‘n dag
Het Hy opgedaag
En jou gestuur
Op die regte uur
Met die wasem van Sy asem
Het Hy jou gebring vir my
En met die wasem van Sy asem
Gesê die wag is nou verby
Ek sal Hom lief hê, eer en prys
Tot die laaste wasem
Van my asem oor my lippe gly
Ek kon nie eers kruip
Nou kan ek loop
Ek het jou gekry
Deur geloof en hoop
Ja op daai dag
Het Hy opgedaag
Hy’t jou gestuur
Op die perfekte uur
Met die wasem van Sy asem
Het Hy jou gebring vir my
En met die wasem van Sy asem
Gesê die wag is nou verby
Ek sal Hom lief hê, eer en prys
Tot die laaste wasem
Van my asem oor my lippe gly
En as ek mooi kyk sien ek sy liefde in jou oë
My hele wêreld draai
Om daai liefde te kan voel en glo
En as ek struikel
Weet ek jy’s vir altyd daar
Jy’s gekies vir myom lief te hê
Daarom sal ek ons bewaar
Met die wasem van Sy asem
Het Hy jou gebring vir my
En met die wasem van Sy asem
Gesê die wag is nou verby
Met die wasem van sy asem
Het hy jou gebring vir my
En met die wasem van sy asem
Gesê die wag is nou verby
Ek sal hom lief hê, eer en prys
Tot die laaste wasem
Van my asem oor my lippe gly
Written by: E. Theron, S. Butler
instagramSharePathic_arrow_out