Top Songs By Elizma Theron
Credits
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Elizma Theron
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Elizma Theron
Texte
N. Schoombee
Komponist:in
Sean Butler
Komponist:in
PRODUKTION UND TECHNIK
Sean Butler
Produzent:in
Robin Kielly
Produzent:in
Christie Schutte
Produzent:in
Dirk van Niekerk
Produzent:in
Lyrics
Rye mense wat honger wag
Op die plein van Sarajevo
Het hulle geweet dis hulle laaste dag?
Wou nie huil nie, maar hy het toe
Hy sien hoe die hel uit die hemel reën
Hy sien hoe die hoop verdwyn
Waar is 22 lewens heen?
Wie gaan opstaan vir elke een?
Sarajevo cello, speel nou sonder ophou
Elke noot bring nuwe hoop
Sarajevo cello, speel nou
Laat ons vashou aan die hoop
Laat goedheid daaruit loop
Vir twee-en-twintig dae lank
Het hy gesit en speel
'n Tuxedo op die stoel se rant
Met musiek sy hart gedeel
In die chaos van die oorlogsmerk
Lig hy harte met dit op
Die eenvoud van sy heldedaad
Het die wêreld om hom geraak
Sarajevo cello, speel nou sonder ophou
Elke noot bring nuwe hoop
Sarajevo cello, speel nou
Laat ons vashou aan die hoop
Laat goedheid daaruit loop
Die hele wêreld kon iets leer
Nie eers jou vrese kon jou keer
Nie die verlange of die seer
Die soldate of die waarskuwings en meer
Jy't met jou cello hoop gebring
Sarajevo cello, speel nou sonder ophou
Elke noot
Sarajevo cello, speel nou sonder ophou
Elke noot
(Bring nuwe hoop)
Sarajevo cello, speel nou
Laat ons vashou aan die hoop
Laat goedheid daaruit loop
Written by: E. Theron, N. Schoombee, S. Butler