Top Songs By Lize Beekman
Similar Songs
Credits
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Lize Beekman
Songwriter:in
Lyrics
Here in die hemel da' bo
Die dag is op sy laaste draai
En die son, Here, die son – hy lyk of hy water wil hê
Hy staan hy staan al hoe nader aan die blou dam se water
Here, so wil ek nader aan U
Ek kniel op hierdie Suidland se sand
Terwyl die son water drink
En die horison bloei
En ek bid vir my land
Here, altyd – in somerreën en winterson
– Bly naby
Gee geloof en hoop en liefde, Heer, Amen!
Here in die hemel da' bo
Laat my weer die engel glo
Laat die Dawidster skyn in hierdie nag
Heer, hou oor ons die wag
Wees alomteenwoordig
Ons oë altyd op U gerig
Gee water vir die dors van hierdie kind
So lank die son by hierdie land kom water drink
Tot in ewigheid, Amen
Amen
Written by: Lize Beekman