Credits

KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Ampie
Ampie
Songwriter:in

Lyrics

My eerste dag op skool het ek gewonder oor die lewe
Die bytjies en die blommetjies het my kortbroek soms laat bewe
In sport het ek te veel gewaag, die vakke nou en dan geslaag
Die lewe was om elke draai, 'n hengse bring en braai
Ons was jonk, ons was dronk, op die drumpel van die afgrond
Elke liewe Sondag in die kerk gesit en bid oor my geluk
Sal ek jou kry, sal ek jou kry was die grootste wens vir my
Want vir jou sal ek my beste vriend baklei
Toe ek opkyk na die berge het daar hulp vir my gekom
Op hoërskool raak ek slimmer en die liefde begin blom
'n Paar keer was my hart gebreek, my kop in sak en as
Maar toe jy myne word die dag het ons perfek gepas
Ons was jonk, ons was dronk, op die drumpel van die afgrond
Elke liewe Sondag in die kerk gesit en bid oor my geluk
Sal ek jou kry, sal ek jou kry was die grootste wens vir my
Want vir jou sal ek my beste vriend baklei
Op universiteit vir jou gesê jy is my lewe
Jy't, sonder om te veel te vra, my altyd net vergewe
Maar nou's dit jare later en jy lyk nog steeds dieselfde
En soos ons deur die foto's blaai wil ek die tyd terugdraai
Ons was jonk, ons was dronk, op die drumpel van die afgrond
Elke liewe Sondag in die kerk gesit en bid oor my geluk
Het jou gekry, het jou gekry was die grootste wens vir my
Want vir jou sal ek my beste vriend baklei
Ons was jonk, ons was dronk, op die drumpel van die afgrond
Elke liewe Sondag in die kerk gesit en bid oor my geluk
Het jou gekry, het jou gekry was die grootste wens vir my
Want vir jou sal ek my beste vriend baklei
Ja, vir jou, ja, vir jou sal ek my beste vriend baklei
Written by: Ampie
instagramSharePathic_arrow_out