Letras

Die hartseer lê vlak en is yl gesaai
Deur die blare, wind verwaai
Ek wapper dapper
Ek wapper dapper
Ek wapper dapper
Sluk jou trane, skattebol want jy is beter
As die geroesmoes in hierdie plek, kyk dis amper skemer
Voel die aarde draai in unisoon, dis oëverblindery
En dit wat jy is, is jy
Ek kul jou hart
Ek kon jou hart voel klop
Deur die spierwit lig
Soos 'n spierwit lig
Jy weet ons praat nie meer nie
In plaas van droom
Bekommer ons
Ons oor die dood
Dis die gejaag wat ons naar maak
Te veel al hierdie jaar verloor
Ek soek 'n miljoen rand
Toe 'n miljoen rand nog 'n miljoen rand was
'n Wentelbaan wat draai in unisoon
Ek kul jou hart
Ek kon jou hart voel klop
Deur die spierwit lig
Soos 'n spierwit lig
Jy weet ons praat nie meer nie
In plaas van droom
Bekommer ons
Ons oor die dood
Sluk jou trane, skattebol want jy is beter
As die geroesmoes in hierdie plek, kyk dis amper skemer
Ek kul jou hart
Ek kon jou hart voel klop
Soos die spierwit lig
Deur die spierwit lig
Jy weet ons praat nie meer nie
In plaas van droom
Bekommer ons
Ons oor die dood
Ons oor die dood
Ons oor die dood
Ons oor die dood
Ons oor die dood
Doodnormaal, doodnugter
Doodgewone aand
Doodmoeg, ontnugter
'n Doodgewone aand
Doodnormaal, doodnugter
Doodgewone aand
Doodmoeg, ontnugter
'n Doodgewone aand
(Sluk jou trane, skattebol
Sluk jou trane, skattebol)
Written by: Die Heuwels Fantasties
instagramSharePathic_arrow_out