Vídeo musical

Presentada en

Créditos

AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Songwriter:in

Letras

[Verse 1]
Jy was ysig in die koue
Jou hande in jou hoed
Jou jas tot bo geknoop
Jou glimlag soet
In die ego van jou wegstap
In die woorde van jou groet
Lê beloftes van jou omdraai, en na my soek
[Verse 2]
Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Oral waar ek gaan
[Verse 3]
As jy eendag, op 'n reëndag
Op 'n grou en eensaam Sondag
Voor my deur kom wag
Sou ek jou eensklap wegvat
Deur die lug of met die langpad
Na 'n somer visioen
Waar ek jou soen
[Verse 4]
Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Reguit na jou toe
[Verse 5]
As jy eendag weer wil praat
Die geheime in jou loslaat
Vir my 'n boodskap bring
Sou ek dit sing
En jy vra my oor ons môre
Sal ons gister weer kan terug kry?
Soos misreën in die oggend, kleef jy aan my
[Verse 6]
Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Oral waar ek gaan
[Verse 7]
In die weelde wat my bybly
In drome staan jy voor my
In die oestyd van die liefde
Waar ek jou kry
In die myle wat verby gaan
Deur die ure wat ons saam kry
In 'n Sonneblom seisoen
Is ons versoen
[Verse 8]
Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Reguit na jou toe
[Verse 9]
Stuur vir my 'n bottelbrief, jou hart se serenade
Die branders sal dit bring
In die warm van jou woorde
Voltyd van my gemoed
Sou jy dit als verstaan
As ek nader gaan?
En sou jy by my staan, in glimlag en in trane?
Sou jy by my staan?
[Verse 10]
Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Reguit na jou toe
[Verse 11]
Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Na Sonneblom seisoen
Written by: Theuns Jordaan
instagramSharePathic_arrow_out