Canciones similares
Créditos
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Sias Reinecke
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Gert Van Tonder
Songwriter:in
Sterling L. Whipple
Songwriter:in
Letras
Daar's 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad's se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproet gesiggie heen
En ek sê sproëtjies, liefling daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig, lieflik
En sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien
Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby
En die glimlag van jonk wees verberg soms 'n ou hartseer pyn
En eendag sien ek sproëtjies weer en my oë staar verdwaas
Want die lelike eentjie verander in die mooiste swaan
En ek sê sproëtjies, jy's pragtig
En sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien
Ek gaan by die skouburg een aand, na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n fee prinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis sproëtjies wat harte so bekoor
En ek sê sproëtjies, liefling daar's 'n reënboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie en die trane in jou oë?
Sproëtjies jy's pragtig
En ek hou haar teen my vas
Sy sê ek wens ek kon my deur jou oë sien
Ek wens ek kon my deur jou oë sien
Written by: Gert Van Tonder, Sterling L. Whipple