Letras

[Verse 1]
Ek's 'n kind van hierdie bos, geplant in Afrika se grond
Langs Mopanies, tussen plat doringbome
Dis hier waar die berghaan hang teen die blouste lug
En 'n visarend roep na die hemel om oop te sluit
[Chorus]
Dis hier waar ek weer stil kan word
Dis hier waar ek weer heel kan word
Dis hier waar ek weet dat my hart vir altyd aan die bosveld behoort
Dis hier waar ek myself verloor
Dis hier waar ek myself weer kry
So lê my neer
In die skaduwee
Van die Lebomboberg
En dan vergeet jy my hier
[Verse 2]
Ek's 'n kind van hierdie bos gedoop met Afrika se reën
In 'n storm, waar weerlig skeur deur die nag
Die wolke gooi hul water oral om my heen
Oor die bosse wat geduldig lê en wag
[Chorus]
Dis hier waar ek weer stil kan word
Dis hier waar ek weer heel kan word (Oh-oh-oh)
Dis hier waar ek weet dat my hart vir altyd aan die bosveld behoort (Oh-oh-oh)
Dis hier waar ek myself verloor
Dis hier waar ek myself weer kry (Oh-oh-oh)
So lê my neer
In die skaduwee
Van die Lebomboberg
En dan vergeet jy my hier
Van die Lebomboberg
En dan vergeet jy my hier
Written by: Stephan Visagie
instagramSharePathic_arrow_out