Canciones similares
Créditos
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Simoné Roets
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Simoné Roets
Songwriter:in
Jattie De Beer
Songwriter:in
PRODUKTION UND TECHNIK
Jattie De Beer
Produzent:in
Letras
Ek sien jou daar staan
'n Skadu van jouself
Wat sit agter daai blink glimlag?
Wanneer als om jou bedaar, waar gaan jy?
Met die leegheid wat jou pla, waar gaan jy?
Dis 'n fyn lyn tussen dit als bymekaar hou
Of heeltemal uitmekaar uitval
Breekbaarheid is 'n gegewe
Hou op streef, vergeet erkenning
Wees net hier, niemand is perfek nie
Jou stem draal voort
Leë klanke, leë woorde is al wat ek hoor
Sal jy dit waag om stil te word?
Jou siel te stroop, jou hart ontbloot
Wat sien jy
In jou rouheid lê die mooi
Ek sien jou
Breekbaarheid, is 'n gegewe
Hou op streef, vergeet erkenning
Wees net hier, niemand is perfek nie
En wys vir my die ware jy
So ongerep, net soos jy is
Daar's iets in jou wat niemand anders het nie
Laat jou mure afkom, laat staan die valsheid
Laat die lig weer inkom, kom uit die donker uit
Laat die wind jou weer lei
Sprei jou vlerke uit tot jy jou hart weer kan hoor klop diep in jou wese
Laat jou mure afkom, laat staan die valsheid
Laat die lig weer inkom, kom uit die donker uit
Laat die wind jou weer lei
Sprei jou vlerke uit tot jy jou hart weer kan hoor klop diep in jou wese
Tot jy jou hart weer kan hoor klop
Breekbaarheid is 'n gegewe
Hou op streef, vergeet erkenning
Wees net hier, niemand is perfek nie
(Ek sien jou, ek sien jou)
En wys vir my die ware jy
So ongerep, net soos jy is
Daar's iets in jou wat niemand anders het nie
Written by: Jattie De Beer, Simoné Roets