Lyrics

Ek weet jy bly nou oor die water
En ons tyd is dalk verby
Maar van my eerste koppie koffie
Tot die aand is dit net jy
Wat my in my kop rond dans
My herinner aan daai dag
Na my heel laaste kans
Maar ek het te lank gewag
Joey, my hart kan dit nie hou nie
By die plaas se Wilgerboom
Kan ek ure sit en droom
Dan verlang ek weer na Joey
Hierdie hart verlang na jou
Lees jy die briewe wat ek jou skryf
Of sê my het jy aan beweeg?
Jy't my belowe vir altyd
Nou's die plek hier langs my leeg
En nou verlang ek so
Ek wonder hoe sou alles wees?
Maar ek sal aanhou glo
Dat ek jou man eendag sal wees
Joey, my hart kan dit nie hou nie
By die plaas se Wilgerboom
Kan ek ure sit en droom
Dan verlang ek weer na Joey
Hierdie hart verlang na jou
Mis jou glimlag
En jou asem
Terwyl jy my 'n soen gee op my wang
En jou blou oë
Wat vir my kyk
Hoe sal ek jou ooit dan kan vervang?
Joey, my hart kan dit nie hou nie
By die plaas se Wilgerboom
Kan ek ure sit en droom
Dan verlang ek weer na Joey
My hart kan dit nie hou nie
By die plaas se Wilgerboom
Kan ek ure sit en droom
Dan verlang ek weer na Joey
Hierdie hart verlang na jou
Hierdie hart verlang na jou
Hierdie hart verlang na jou
Written by: Don Kelly, Marc Brendon, Pierre Rossouw, Ricus Nel
instagramSharePathic_arrow_out