Songteksten

[Verse 1]
Ek loop die pad al lank my lam so kaalvoet deur kou
Van doeriekant se doring veld en kyk hoe lyk ek nou
Ek loop die pad so sonder hoed deur son en wind en grou
So kaalvoet op die slingerpad en kyk hoe lyk ek nou
[Verse 2]
My lam die gras is soms so groen, die son is soms so lou
Maar ek loop die pad alleen my lam en kyk hoe lyk ek nou
Onthou jy nog hoe ons kon loop, so loslyf en verspot
So vlieg, vlieg oor die koppies heen, 'n Ragab en 'n Lot
[Verse 3]
Maar nou loop ek alleen my lam, so kaalvoet deur die kou
En soms net soms dan wonder ek, my lam waar is jy nou?
En soms net soms dan wonder ek, my lam waar is jy nou?
Written by: Amanda Strydom, Zane Cronje
instagramSharePathic_arrow_out