Canciones más populares de Bles Bridges
Créditos
AUSFÜHRENDE KÜNSTLER:INNEN
Bles Bridges
Künstler:in
KOMPOSITION UND LIEDTEXT
Kupido
Komponist:in
PRODUKTION UND TECHNIK
Dan Hill
Produzent:in
Letras
Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen en hoe ek oor jou voel
In gewone taal mag dit klink as of ek oordryf
As ek probeer, hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel
Ek sal jou liefhê tot die hane ophou kraai
Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê
Tot daar stilte oor die aarde kom en die wind nie langer waai
Tot daar gras aan die hemelruim groei sal ek jou liefhê
Totdat al die woorde van my tong verdwyn
Tot die oë bestaan en die son nie meer wil skyn
Tot die berge wegsink in die see en vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank, my liefling, ek jou sal liefhê
Dis jy wat my in gedagtes kan wegvoer
Na die maan en die sterre wat deur my venster loer
Jy's die warm van 'n kaggelvuur, die sprank van vonkelwyn
En die son wat die mis laag soggens laat verdwyn
Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou
Hart en siel gee ek, daar is niks wat ek weerhou
Net voor die woorde opraak is daar iets wat ek nog moet sê
Vir ewig, liefling, sal ek jou liefhê
Vir ewig, liefling, sal ek jou liefhê
Written by: Kupido